Losie
Trichardt No.106 G.L.S.A.
|
Skakels The Freemason - Masonic Supplies |
So u wil 'n Vrymesselaar word?Vrymesselary het nog nooit, en sal ook nooit, mense probeer oortuig om aan te sluit nie. AS JY EEN WIL WORD - VRA EEN! Vandaar die nodigheid vir 'n webtuiste vir Vrymesselary op die Hoëveld ! Wie mag aansluit?Die Vrymesselaars is 'n wêreldwye organisasie, met na genoeg 5 miljoen lede, in Losies regdeur die vrye wereld. By ondersoek sal belangstellendes Vrymesselaars vind wat vergader in byna elke stad of dorp. Hoe sluit ek aan??Om aan te sluit by die oudste en grootste organisasie in die wereld is eenvoudig - jy VRA deur op die skakel te kliek en 'n epos aan ons te stuur. Iemand sal u kontak en vandaar sal die proses voortgaan. Anders as wat normaalweg verstaan word, is daar net 'n paar voorwaardes vir lidmaatskap:
Tot groot aanstoot van meeste mense, skryf Vrymesselary nie aan sy lede voor hoe hulle moet bid of tot wie hulle moet bid nie. Die term "Opper Boumeester Van Die Heelal" laat toe dat lede in die algemeen die Goddelike Wese kan aanbid soos dit vir hom gemaklik is. Sodra daar vasgestel is dat so 'n geloof bestaan word daar geen verdere ondersoek ingestel nie. Hierdie voorskif kom van 'n tyd toe baie mense by organisasies, soos Vrymesselary, aangesluit het in die hoop dat daar 'n finansieele voordeel daaruit sou kom. Vandag is die voorskrif steeds daar om ons te herinner dat Vrymesselary sekonder staan tot geloof en individuele huislike verpligtinge. Hierdie konsep is eenvoudig om te verstaan - as die kandidaat nie wetlike verpligtinge kan nakom nie, sal hy nie die leringe en verwagte optredes kan begryp nie. Hierdie is egter nie altyd waar nie en daar is ander wyses om "kinders" van "volwassenes" te skei. U sal nie advertensies vind om u na Vrymesselary te lok nie. Messelaars kry eenvoudig nie vergoeding om lede te werf nie. Dit is 'n vrywillige organisasie wat uitgesoek word deur die persone wat 'n positiewe beeld van die broederskap het. Masonieke lidmaatskap was nog altyd 'n baie intense persoonlike ervaring, en die begeerte vir lidmaatskap moet dus deur die kandidaat bekend gemaak word. Hierdie paar basiese beginsels is oor die laaste 300 jaar gebruik om die mees gerespekteerde mans uit die samelewing na die broederskap te trek. Die eenvoud daarvan verwar diegene wat 'n sameswering om elke hoek sien, en diegene wat se kritiek ongegrond is. So gaan die stille broederskap voort om te bestaan, en te groeie, ten spyte van al die kritiek en aanslag. |
|
|
|